MOSSELBAAI NUUS - Die gemeenskap van Mosselbaai en omgewing het die afgelope twee weke bewys dat daar saamgestaan kan word en dat hul die voorgeskrewe regulasies van die grendeltydperk nakom.
Die grootste probleem wat egter nog ondervind word is by die groot kettingwinkels, en alhoewel die winkels self alle regulasies nakom, besef sommige inwoners nog nie die erns van die situasie nie.
Taxi's was verlede week meer gereeld op die paaie gesien aangesien hulle toestemming gehad het om SASSA-begunstigdes na die verskeie punte kon vervoer met die beperkings soos deur die regering voorgeskryf. Met nuwe regulasies nadat die taxi-base gekla het oor hul inkomste, is daar 'n toegewing gemaak vir 'n maksimum van 10 passasiers per taxi. die voorwaarde is dat al die passasiers maskers dra.
Hengelaars wat vir die afgelope twee weke verlangened na hul visstokke in die motorhuis staar, gedra hulle ook goed. Dit is opmerklik stil langs die viswaters. Meeste haweloses is ook geholpe in plekke van veiligheid, alhoewel daar steeds nog 'n paar in die middedorp rondhang.
Boetes
Die strande word gereeld gepatrolleer en Vrydag is drie mans wat met hul honde gestap het, elkeen R2 000 beboet deur lede van die polisie se seegrenseenheid wat die oortreders op Diasstrand betrap is. Verskeie arrestasies is alreeds gemaak nadat oortreders eers gewaarsku is en daarna beboet is met tot soveel as R5 000.
Volgens die polisie is daar in die algemeen ook tot dusver nie 'n noemenswaardige toename in misdaad nie.
Die polisie berig dat die inperkingsregulasies veral in die informele woongebiede oortree word. Adriaansweg was so onlangs soos Maandag, 6 April nog 'n miernes van bedrywighede.
Die polisie waarsku egter dat die owerhede nou baie strenger gaan optree en oortreders maar in die hof moet gaan verduidelik waarom hulle nie die voorgeskrewe reëls nakom nie.
Die taxistaanplek in Aslapark het Maandag, 6 April tydens die Mossel Bay Advertiser se verbyrit leeg gestaan. Foto's: Jannie du Plessis
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'