Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Mosselbaai se braaibroodjie kampioene is Louis Pieterse en sy kinders Zian en Milah. Hulle het aan die Mossel Bay Advertiser se braaibroodjie kompetisie deelgeneem.
Dit was nie net die Pieterses se voorlegging nie maar ook die heerlike bestandele wat die beoordeelaars oortuig het dat hulle die wenspan is.
Hulle het boonop ook van tradisionele witbrood afgewyk en suurdeegbrood gebruik. Die gesin wen naweekverblyf vir vier geborg deur ATKV Hartenbos asook 'n kunswerk deur kunstenaar Minda du Plessis.
Kort op Louis se hakke was Pauli Pretorius. Sy het slegs vier punte minder as Louis gekry en het boonop haar eie brood gebak waarin sy onder meer borrie gebruik het. Pauli het 'n Jeep sonbril gewen. Die bril is deur Brink & de Bruin Oogkundiges geborg. Sy het ook kunswerke deur kunstenaar Zandra Klapwijk gewen.
Lees meer op die braaibroodjie finaliste en hulle broodjies in volgende week se Mossel Bay Advertiser.
Pauli Pretorius ontvang haar tweede plek vanaf joernalis en subredakteur Linda Sparg.
Harde werk.
Paul Hoeksema, die gasbeoordelaar van die Mossel Bay Advertiser se braaibroodjie kompetisie proe die eerste braaibroodjie.
VIDEO - Die sanger Feff Gericke vermaak besoekers by die braaibroodjie kompetisie:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’