MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai munisipale bestuurder, Adv Thys Giliomee sê die munisipale area is tans die Covid-19 brandpunt van die Tuinroete.
Dit, weens die getal van 454 Covid-19-gevalle per 100 000 inwoners.
In totaal is 1 431 mense op Mosselbaai positief getoets vir die virus. 911 mense het reeds herstel.
Vyf-en-dertig inwoners van die groter Mosselbaai is reeds dood aan Covid-19 en 31 inwoners word tans in hospitale vir die virus behandel.
Mosselbaai munisipale bestuurder, Adv Thys Giliomee sê ondanks die verloop van 130 dae sedert die nasionale inperking ingestel is, is Mosselbaai tans die dorp in die Tuinroete met die hoogste voorkoms van die virus.
Dit, ondanks beroepe uit verskeie oorde op die gemeenskap om sover moontlik voorkomend teen die Covid-19 virus op te tree.
“Sou die statistiek per 100 000 van die bevolking bereken word, is daar nou 454/100k aktiewe gevalle, ‘n syfer wat boonop steeds toeneem.”
Giliomee sê vyf mense word tans in die intensiewe sorg vir die virus behandel.
“Hierdie toedrag van sake plaas hospitale en veral die gesondheidswerkers asook die beskikbaarheid van sorggeriewe, onder meer, vloeibare suurstof, onder toenemende druk,” sê Giliomee.
Vandalisme
Giliomee sê die Georgeweg-kliniek asook die nuwe kliniek in Asla Park het die afgelope week onder vandaliste deurgeloop.
“Die klinieke moes vir die publiek gesluit word en siek- en beseerde inwoners moes mediese hulp elders soek.”
By Georgeweg-kliniek is waterpype gesteel en die kliniek by Asla Park is vir die soveelste keer beskadig.
Giliomee sê geen dorp slaap ooit werklik nie en sê daar is altyd iemand wat iets sien.
“Ek rig ‘n ernstige beroep op inwoners om voorvalle of vreemde optrede by die polisie of buurtwag aan te meld.”
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'