MOSSELBAAI NUUS - 'n Man wat skuldig bevind was aan 'n moord wat hy op 17 Desember in Scholtzstraat, KwaNonqaba gepleeg het, is tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis.
Ashley Jones, alias Migo is op 3 Desember verlede jaar deur streekslanddros Neels Nortjé gevonnis.
Vyf jaar van die vonnis is vir vyf jaar opgeskort met die voorwaarde dat Jones nie weer 'n moord pleeg nie. Hy word ook voortaan deur die hof die reg om 'n vuurwapen te besit, ontsê.
Die ondersoekbeampte, sers Bob Kekaza bedank die KwaNonqaba-gemeenskap vir die waardevolle inligting wat tot die arrestasie en uiteindelik tot die skuldigbevinding en vonnis van die moordenaar gelei het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'