MOSSELBAAI NUUS - S.M.A.R.T. (Stranded Marine Animal Rescue Team) doen 'n beroep op vakansiegangers, familie en vriende wat tans in die Suid-Kaap woon of kom vakansie hou - as jy tyd op hande het, neem asseblief 'n kombuissif of 'n fyn visnetjie en 'n emmer en gaan na die strand naaste aan jou.
Op die hoogste hoogwatermerk sal jy tussen al die ander goed wat die see uitspoeg, klein vaal balletjies (nurdles) wat amper soos BB-koeëltjies lyk, sien lê.
Nurdles is lewensgevaarlik vir die meeste mariene diere.
Dit het tydens 'n storm in die Durbanse hawe in Oktober vanjaar, in die see beland en spoel sedert November ook aan ons Suid-Kaapse strande uit.
Strande in die groter Mosselbaai-area wat erg deurloop is veral Gouritz, Boggomsbaai, Vleesbaai en Groot-Brakrivier.
"Maak asseblief 'n verskil en help om die nurdles op te tel."
Daar is verskeie versamelpunte in Mosselbaai waarvan die maklikste bereikbaar, die Shark Lab by die Punt is.
Ander punte is Koffie Stories in Gouritzmond, Vleesbaai Kafee, Springerbaai ingang, Sandpiper in Boggomsbaai, Cyber Space in Danabaai en De Dekke Spar in Groot-Brakrivier.
Hierdie nurdles is in slegs 'n radius van 2 meter opgetel.
"Kom bietjie weg voor die TV, los FaceBook vir 'n paar uur en geniet die vars seebries, sand onder die voete en red sodoende 'n seeskilpad of ander mariene dier deur pro-aktief te wees," motiveer S.M.A.R.T.
Read previous articles:
- Nurdles still washing ashore
- Nurdles | Stille dood op strande
- 'Nurdles' op Gouritsmond
- Opvolg: 'Nurdles' bereik Mosselbaai
- 'Nurdles' bereik Mosselbaai
ARTIKEL: TERSIA MARAIS, MOSSEL BAY ADVERTISER KORRESPONDENT
'We bring you the latest Mossel Bay, Garden Route news'