Gallery
GOURITSMOND NUUS - Groot hoeveelhede 'nurdles' is tans op Gouritsmond se strand.
'Nurdles' is so groot soos lensies en word gebruik om plastiese produkte te vervaardig.
Klik hier vir 'n fotogalery.
Vrywillgers van S.M.A.R.T wat vandag daar was, is oorweldig deur die hoeveelheid.
Hulle kon slegs 'n klein gedeelte van die strand verwerk en 'n groot poging gaan môre plaasvind waneer 'n groep van Mosselbaai vanaf 11:15 op die strand gaan bymekaar kom en soveel moontlik 'nurdles' optel as moontlik.
Almal wat beskikbaar is, is welkom om te gaan help.
Neem siwwe, nette, skadunette en emmers saam.
Matborsels kan ook gebruik word om die 'nurdles' op te vee en in houers saam met ander afval te plaas en dan tuis te sorteer.
Vir elke 500ml bottel vol 'nurdles' wat na Koffie Stories in Gouritsmond gebring word, sal 'n etebewys vir 'n Sondagete gegee word.
Adel van "Die Ou Pastorie" koffiewinkel in Groot-Brakrivier borg ook 'n gratis koppie boeretroos vir elke 500ml bottel nurdles wat na hulle gebring word.
Lees vorige artikels:
• Opvolg: 'Nurdles' bereik Mosselbaai
• 'Nurdles' bereik Mosselbaai
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'