MOSSELBAAI NUUS - 'n Samekoms vir publieke deelname is onlangs op Mosselbaai gehou om die wysigingswetsontwerp op gas te bespreek.
Die doel van die wysigings aan die hoofwet is om leemtes daarin aan te spreek.
Wat die wet bepaal
Die huidige wet bemagtig slegs die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) om die transmissie- en bergingstarief te monitor, goed te keur en, indien nodig, te reguleer.
Die wetsontwerp bemagtig NERSA met betrekking tot tarief- en prysvasstelling. Dit voorsien in kort die staat met voldoende maatreëls om te verseker dat die bedryf voldoen aan die verskeie omgewings-, gesondheids- en veiligheidsverpligtinge.
Die wetsontwerp beoog om voorsiening te maak vir ernstige strafmaatreëls vir die verbreking van die nakominsgmaatreëls.
Dit sal daartoe bydra om te verseker dat die industrie aan sy wetlike verpligtinge voldoen.
Dit sal ook die minister van hulpbronne en energie bemagtig om 'n gas-meesterplan saam te stel. Dit bemagtig in die algemeen die minister om in oorleg met die energiereguleerder, 'n vrystelling van enige van die bepalings van die wet uit te reik.
Deelname
Die publiek se deelname in die wysigingsproses word as belangrik beskou. Deelname verseker 'n demokratiese proses.
Alle geaffekteerde partye, belangstellende individue en organisasies word aangemoedig om deel te neem.
Die komitee sal oorweging skenk aan alle openbare insette oor die wysigings aan die hoofwet.
Vir afskrifte van die wetsontwerp en enige inligting kontak 083 709 8515 of stuur 'n e-pos na aboss@parliament.gov.za
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'