MOSSELBAAI NUUS - Inwoners van Dubestraat in Aslapark het weer eens die spit moes afbyt toe hulle op Woensdagaand, 10 April sonder elektrisiteit gelaat is nadat ‘n kragkabel meegegee en op ‘n bewoonde huis se dak geval het.
Dit het meegebring dat die gemeenskap sonder elektrisiteit gelaat is.
Boonop is brandskade skynbaar by een huis aangemeld. Inwoners meen die onwettige kragaansluitings is bydraend en sê sedert voorvalle verlede jaar in die kollig was, is geen verdere optrede geloods om die onwettige kragaansluitings te verhoed nie.
Mosselbaai se brand- en rampbestuursdienste en personeel van tegniese dienste het vinnig op die situasie reageer om die kragaansluiting weer te herstel.
Inwoners met wettige kragaansluitings meen hulle loop ‘n onnodige en oorkombare risiko weens onwettige kragaansluitings.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'