MOSSELBAAI NUUS - Logan de Vries, 'n leerder aan Hoërskool Punt benodig noodsaaklike chirurgie wat op die lang duur haar lewenskwaliteit noemenswaardig sal verbeter.
Logan is gediagnoseer met 'n erge graad van skolliose wat die funksionering van haar hart en longe aantas, soos haar toestand vererger.
For Him-gospelgroep sou in Junie vanjaar 'n konsert vir Logan hou om haar mediese koste te help delg. Dit kon egter vanweë die strenger Covid-19-maatreëls nie gehou word nie. Haar operasie is ook as gevolg van hierdie beperkings uitgestel tot 2 Desember.
Toegang tot die konsert op 21 November is R80. Die geleentheid word om 17:00 in die D'Almeida-gemeenskapsaal gehou. Besprekings kan vooraf gedoen word by Yolandi Duthie en kaartjies is ook by die deure beskikbaar. For Him is 'n geregistreerde nie-winsgewende organisasie. Alle persone wat kaartjies vir die uitgestelde konsert in Junie gekoop het, se kaartjies is steeds geldig.
Vir meer inligting, kontak Yolandie Duthie (083 772 5885) of Jacqui die Vries (079 693 4388).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'