Gallery Video
KLEIN BRAKRIVIER NUUS EN VIDEO - Met die goeie reën die afgelope tyd was die Mosselbaai-munisipaliteit genoodsaak om die Klein-Brakrivier se monding oop te maak aangesien die rivier se vlak die afgelope tyd aansienlik gestyg het.
Die Mosselbaai-munisipaliteit het 'n aansoek na die departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning gestuur om riglyne in terme van Seksie 30A van die nasionale omgewingsbestuurwet te bekom alovorens die mond oopgemaak is.
Die aanvanklike terugvoer van die departement was dat 'n kanaal gegrawe kan word wat die munisipaliteit se taak dan sal vergemaklik om die mond oop te maak indien die watervlak meer as twee meter bo seevlak styg.
Foto's: Klein-Brakrivier monding meganies oopgemaak
Die kanaal is aan die seekant gegrawe en die rivier tydelik toegemaak ter voorbereiding indien dit vinnig oopgemaak sou moes word as daar aansienlik meer reën val.
Kyk 'n video hieronder:
Meganiese toerusting is op Donderdag, 10 September ingespan om 'n sloot te begin grawe waarvan die kante weer toegemaak is. Inwoners het die koue trotseer om die proses te gaan dophou.
Die area is afgesper vir inwoners se veiligheid en om visse wat vanaf die rivier terugkeer see toe te vang, is streng verbied.
Op Saterdag 12 September het die munisipaliteit toestemming gekry om die kanaal oop te maak.
Munisipale amptenare, amptenare van seevisserye, die Mosselbaai-seegrenspolisie, buurtwagte en 'n groot skare mense het gewag om te sien hoe die rivier oopgemaak word.
Die eerste waters van die rivier het net voor 12:00 na die see begin vloei. Die vang van vis is hierna steeds streng gereguleer en is eers 24 uur later, na 12:00 op Sondag 13 September, toegelaat mits 'n hengelpermit getoon kan word.
Die kanaal wat tussen die Klein-Brakrivier water deurlaat na die see.
Net voor 12:00 Saterdag, 12 September het die eerste waters vanaf die Klein-Brakrivier in die see begin invloei. Foto: Jannie du Plessis
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Klein Brakrivier, Tuinroete nuus'