MOSSELBAAI NUUS - 'n Twee-en-veertigjarige man wat sy meisie na bewering verkrag het, is die afgelope naweek in hegtenis geneem.
Die verdagte en sy 42-jarige meisie woon in KwaNonqaba en het op Sondagaand, 21 April saam by die huis gekuier.
Volgens 'n polisiewoordvoerder het die paartjie om ongeveer 02:00 gaan slaap toe die man toenadering soek. "Sy het geweier waarna hy haar met die vuis geslaan het, geskop het en toe verkrag het."
Die slagoffer kon daarin slaag om te ontsnap en is met veelvuldige beserings in die Mosselbaai provinsiale hospitaal opgeneem.
Die verdagte is kort na die voorval in hegtenis geneem en staar aanklagte van verkragting en aanranding met die opset om ernstig te beseer in die gesig.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'