Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Inwoners van die woongebied, Powertown langs die N2 op Klein-Brakrivier het vanoggend met 'n betoging begin nadat hul onwettige kragverbindings verwyder is.
Polisie is met klippe gegooi en inwoners het materiaal op die padoppervlakte aan die brand gesteek.
Die polisie se eenheid vir openbare orde is intussen na die toneel ontplooi. Die polisie monitor die situasie en verskeie rolspelers is tans besig om met die gemeenskap te onderhandel.
Verkeer op die N2 word nie deur die betoging ontwrig nie.
Kyk 'n video hieronder:
Die polisie se eenheid vir openbare orde is intussen na die toneel ontplooi:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'