MOSSELBAAI NUUS - 'n Sewe-en-twintigjarige inwoner van Mosselbaai sal op Dinsdag, 21 September in die Mosselbaai-landdroshof verskyn op 'n aanklag van moord.
Die aanklag spruit uit 'n voorval in Asla Park op Sondag, 19 September om ongeveer 18:30.
Volgens die KwaNonqaba-polisiekommunikasiebeampte, sers Kappie Kapp is die polisie en die ambulansdienste na die toneel ontbied.
"Die slagoffer is op die toneel dood verklaar en het ‘n steekwond gehad."
Die polisie het inligting wat deur die gemeenskap verskaf is opgevolg en die verdagte kort daarna in hegtenis geneem.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'