MOSSELBAAI NUUS - Die slapende Ruth Grace Louw lyk soos ‘n poppie.
Sy is geen gewone babatjie nie. Sy is ‘n mikro-premie.
Ruth is op 23 Oktober 2020 gebore. Haar geboortegewig was 700g.
Wanneer sy haar teikengewig van 2kg kan bereik, kan sy en haar mamma, Robyn vir die eerste keer sedert September 2020 huis toe gaan.
Aangesien sy met haar inweeg vandag 1,955g weeg, sal klein Ruth Louw waarskynlik eers op Woensdag, 3 Februarie ontslaan kan word.
"Nog net 45g," het Robyn vandag hoopvol aan die Mossel Bay Advertiser gesê. Lees ook meer in hierdie week se uitgawe van die Mossel Bay Advertiser.
Lees ook meer in hierdie week se uitgawe van die Mossel Bay Advertiser.
Die slapende Ruth Grace Louw lyk soos 'n poppie.
Foto's: Cornelle Carstens
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'