MOSSELBAAI NUUS - Op 13 Maart het lede van Tuine en Tossels ‘n demonstrasie vir die vinnige en maklike maak van handhappies bygewoon.
Anita Knottenbelt het verskeie disse gedemonstreer wat die lede kon proe.
Eerste was ‘n maklike gebakte maalvleisgereg gevolg deur ’n gevulde en gerolde hoenderborsie, toe volg stokkies met vleisballetjies en pragtige botterskorsiestringe.
Anita het ‘n tafel pragtig gedek met verskillende kleure en die borde pragtig uitgepak en deurentyd oulike idees gedeel.
Die geproe is afgesluit met kaaskoek in klein glasies.
Die lootjietrekking is gewen deur Mitzie de Wet en Magdaleen Smook.
Anita Knottenbelt.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'