Gallery
TUINROETE NUUS - Eden Photographic Society (EPS) se maandelikse byeenkoms het op 14 Maart in die Diaz Hotel plaasgevind.
Daar is sewe kategorieë vir foto-inskrywings, naamlik: menslike portrette, landskappe, natuur, fotojoernalistiek, ope-afdeling, visuele kuns en 'n voorgeskrewe onderwerp.
FOTOGALERY: Flowers - The other side
Februarie se voorgeskrewe onderwerp was Flowers - The other side.
Wenners
Die algehele wenfoto’s vir Maart is:
- Seniors: Danie Pretorius se Brekvis (natuur)
- Juniors: Marianna Erasmus se Kosmos (visuele kuns)
Meriete toekennings
- Danie Pretorius se Brekvis (natuur)
- Gerda Fouche se Catch of the day (natuur)
- Sterstatus bevorderings in EPS klub
- Elna Monti word bevorder na 2 sterstatus en Kitty Steyn na 3 sterstatus.
Baie geluk en welgedaan.
Besoekers is welkom om die foto-beoordeling by te woon. Dit vind elke tweede Dinsdag van die maand om 19:00 plaas.
Alle belangstellendes en fotografie-entoesiaste is welkom om by die klub aan te sluit.
Vir enige navrae oor die klub kan Johan van Aarde (084 760 0602) of Michael van Schalkwyk (082 953 7671) gekontak word.
Lesers kan ook na EPS se Facebookblad gaan kyk - Eden Photographic Society.
Marianna Erasmus se Kosmos.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’