Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Eden Photographic Society (EPS) se maandelikse byeenkoms is op 14 Februarie in die Diaz Hotel se konferensiekamer gehou.
Daar is sewe kategorieë vir foto-inskrywings, naamlik: menslike portrette, landskappe, natuur, fotojoernalistiek, ope-afdeling, visuele kuns en 'n voorgeskrewe onderwerp. Februarie se voorgeskrewe onderwerp was "Wolke".
FOTOGALERY: Eden Photographic Society (EPS) se wenfoto's vir Februarie
Wenners
Die algehele wenfoto’s vir Februarie is:
- Seniors: Dirk van der Toorn se Deep in thought (ope-afdeling)
- Juniors: Kitty Steyn se Rooipoot Elsie (natuur)
Besoekers is welkom om die foto-beoordeling by te woon. Dit vind elke tweede Dinsdag van die maand om 19:00 plaas.
Alle belangstellendes en fotografie-entoesiaste is welkom om by die klub aan te sluit. Vir enige navrae oor die klub kan Johan van Aarde (084 760 0602) of Michael van Schalkwyk (082 953 7671) gekontak word.
Lesers kan ook na EPS se Facebookblad gaan kyk - Eden Photographic Society.
Kitty Steyn se Rooipoot Elsie (natuur) het die junior-afdeling gewen.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'