Update
MOSSELBAAI NUUS - Drie mans verskyn vanoggend, op 1 Maart in die Mosselbaai-landdroshof nadat taxibestuurders op Vrydag, 26 Februarie op Louis Fourieweg betoog het.
Onluste het op Mosselbaai los gebars nadat verskeie onpadwaardige taxi’s vroeër verlede week van die pad gehaal is.
Twee van die verdagtes, ‘n 34-jarige man en ‘n 43-jarige man verskyn op 'n aanklag van openbare geweld.
‘n Een-en-dertigjarige man verskyn op aanklag van openbare geweld en ‘n aanklag van poging tot moord.
Die KwaNonqaba- polisie se kommunikasiebeampte, sers Kappie Kapp sê die verdagte het met sy taxi deur ‘n versperring gejaag.
“Die verdagte het amper ‘n polisiebeampte raakgery en het geen intensie gehad om sy taxi stop nie.” Intussen het die waarnemende burgemeester van die Mosselbaai-munisipaliteit,
Dirk Kotzé vanoggend in ‘n verklaring gesê die munisipaliteit vra verskoning vir die ongerief wat skoliere, inwoners en besighede as gevolg van die betogings ervaar.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'