Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Tydens 'n besoek aan Mosselbaai se gesamentlike beheersentrum op Vrydag, 29 April het hoof van Solidariteit, Flip Buys 'n pleidooi gelewer dat Suid-Afrikaners mekaar moet begeester om te kyk wat hulle prakties kan doen om nie uitsigloos te leef nie.
Buys het Mosselbaai besoek as deel van AfriForum se Veg- en Bouweek wat vir die eerste keer vandeesweek vanaf 25 - 30 April op Mosselbaai gehou is.
Tydens Vrydag se gesprek, waarby die uitvoerende bestuur van die Mosselbaai-munisipaliteit teenwoordig was, het voorsitter van AfriForum op Mosselbaai, Louis Cook oor die organisasie se doelwitte gesels en hoe hulle 'n bydrae tot die plaaslike gemeenskap lewer.
Marlise Labuschagne van Solidariteit Helpende Hand het 'n insiggewende aanbieding gelewer oor die maatskaplike kwessies wat uitdagings binne die Suid-Kaap te hoof gebied moet word.
Buys het die gesprek afgesluit met 'n oorsig oor Solidariteit se doelwitte en visie vir 'n meer normale Suid-Afrika.
VIDEO - Flip Buys sluit AfriForum-week af op Mosselbaai (Video: Cornelle Carstens ).
Verwante artikel: Ons verstaan Afrika beter as ander
Marlise Labuschagne van Solidariteit Helpende Hand tydens haar aanbieding oor maatskaplike kwessies in die Suid-Kaap.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'