MOSSELBAAI NUUS - Op 8 September 1956 is Koot (90) en Martie (88) Swart op Vosburg in die Williston-distrik getroud en hulle het verlede Vrydag hul 67ste jaar van getroude lewe gevier.
Vir die afgelope 20 jaar is hulle inwoners op Hartenbos. Hulle het vier kinders grootgemaak wat almal getroud is.
Die egpaar spog met 10 kleinkinders en 17 agter-kleinkinders. Buiten Japie, hul tweede oudste seun wat klierkanker het, is die res van die familie baie gesond.
Alhoewel hy baie siek is, leef die egpaar die gedeelte uit Spreuke in die Bybel uit wat lui: "Ken Hom in al jou weë en hy sal jou paaie gelykmaak. Ken Hom in die saak, luister na Sy stem, moet nie sommer jou eie kop volg nie, dan sal jou weë voorspoedig wees".
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’