Advertorial
MOSSELBAAI SAKE NUUS - Die twee vroue wat by Shell Voorbaai in die besprekingskantoor werk, straal vriendelikheid en warmte uit. Hulle is 'n puik span en saam, deel hulle baie lief en leed. Lioenie Mondo-Zondagh en Yvonne Blignaut staan bekend vir hul raakvatmanier om met kliënte te werk.
"Ons vra nooit uit oor kliënte se besprekings nie, maar voor jy weet ken jy die hele storie." Hulle werk is nie altyd maklik nie, omdat kliënte dikwels krisisse beleef wanneer hulle 'n bespreking doen. Dié twee vroue glo geduld, kalmte en vriendelikheid gee altyd die deurslag.
"Hulle is die gesig van ons besigheid en 'n groot aanwins," meen hulle werkgewer, Linette Bischoff.
Onthou ook om Shell Voorbaai te besoek om hulle uitgebreide reeks LEGO te besigtig.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'