Update
MOSSELBAAI NUUS - Die 40-jarige Clement Siabata Kholoane het op Maandag, 12 Desember sy eerste verskyning in die Mosselbaai-landdroshof gemaak in verband met die moord op 'n Pinnacle Point-inwoner in Junie vanjaar.
Marietha Willemse (79) is in Junie op die landgoed in Mosselbaai vermoor nadat sy en haar man, Johannes in 'n huis in Albatrosstraat aangeval is. Willemse se liggaam is in 'n stoel in 'n vertrek ontdek en sy het 'n meswond aan haar nek gehad. Haar man het verskeie steekwonde opgedoen en het die voorval oorleef.
Kholoane is oorspronklik van Lesotho en is positief met die moord verbind nadat vingerafdrukke van hom op die toneel gevind is. Hy was voortvlugtend sedert die moord en is verlede week in Wepener in die Vrystaat vasgetrek.
Kholoane word aangekla van onder meer moord.
Die saak is uitgestel na 4 Januarie vir 'n formele borgaansoek.
Vorige artikels:
- Verdagte vas na Pinnacle Point-moord
- Dogter reik beloning uit na moord op ma
- 'Security was lax at Pinnacle Point'
- Pinnacle Point murder: police still awaiting forensic results
- 'Dynamic and loving'
- Murder investigation 'at sensitive stage'
- Pinnacle Point attack: husband still in hospital
- Pinnacle Point murder: Statement
- Update: Woman murdered at Pinnacle Point
- Woman murdered at Pinnacle Point
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'