Familie van Amoné Botha skryf:
Ons wil net dankie sê vir almal wat die afgelope Saterdag by Amoné Botha se ongelukstoneel bymekaargekom het om hulle koppe te sak.
Spesiale dankie aan die bikers wat ook daar was - elkeen word waardeer. Dit was Sondag 'n jaar gelede dat sy oorlede is.
Amoné Botha (22) is op 9 November 2024 in 'n motorfietsongeluk oorlede. Sy was destyds saam met 'n groep motorfietsryers op pad na die Memorable Order of Tin Hats (MOTH) -motorfietsryvereniging se parade by die Senotaaf-oorlogsgedenkteken by die Punt in Mosselbaai toe die ongeluk plaasgevind het.
Botha het glo beheer oor haar motorfiets verloor. Sy het van die pad af gery en teen 'n boom gebots. Sy is in die hospitaal oorlede.