MOSSELBAAI NUUS - ’n Brand is vanoggend, 10 Januarie, tussen 09:00 en 10:00 in die leë erf agter Patrick’s Restaurant & Pub deur Mosselbaai brand- redding- en rampbestuurdienste geblus.
Video’s en foto’s van rook naby dié restaurant in Marshstraat, Mosselbaai, is kort na die voorval gesirkuleer.
Die eienaar, Albert Wiffen, het egter bevestig die brand was nie by die restaurant self nie, maar op die erf aan sy agterkant. Behalwe vir die bevestiging het hy gesê hy het geen verdere kommentaar nie.
Volgens die Mosselbaai-munisipaliteit was dit stoor toerusting wat gebrand het. Die brand is geblus en daar was geen beserings nie.
Mossel Bay Advertiser het egter verneem 'n vrou is op die toneel vir rookinaseming behandel.
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.
*Dié brand hou nie verband met die veldbrande wat vandeesweek in Mosselbaai gewoed het nie.
* Hierdie berig is aangepas sedert die eerste publikasie.
Mosselbaai brand- redding- en rampbestuurdienste in Gys Smalbergerstraat agter Patrick’s Restaurant & Pub.
Mosselbaai brand- redding- en rampbestuurdienste in Gys Smalbergerstraat agter Patrick’s Restaurant & Pub.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’