MOSSELBAAI NUUS - Die bekende ekonoom Dawie Roodt was die hoofspreker by die Mosselbaai-sakekamer se netwerkgeleentheid op Woensdag 21 Oktober.
Roodt het voor die geleentheid begin het, met Mossel Bay Advertiser gesels oor ontwikkeling en groei en hoe hy dink owerhede dit moet hanteer.
’n Bietjie politiek het ook by die gesprek ingesluip. Lees meer hieroor in Vrydag 23 Oktober se koerant.
Die nasionale minister van finansies, Enoch Godongwana, het Woensdag sy mediumtermynbegrotingsraamwerk bekendgemaak, wat vir Roodt heelwat materiaal gegee het om tydens sy amptelike spreekbeurt met die gehoor te bespreek. Hy het ook later vrae vanuit die gehoor geneem.
Voor Roodt die verhoog betree het, het sy kollegas van Efficient Wealth, Willem Basson en Diaan Janse van Rensburg, inligting oor familiebeplanning in besigheid asook belegging gedeel.
Diaan Janse van Rensburg en Willem Basson.
Manie du Toit van Living Ball, ’n organisasie wat die woord van die Here deur sportballe die wêreld instuur, het die aand afgesluit deur meer oor hierdie passie van hom te vertel.
Manie du Toit
Die netwerkgeleentheid is baie goed ondersteun - die sakekamer het Maandag reeds aangekondig dat kaartjies uitverkoop was en kaartjiekopers bedank vir hul ondersteuning.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’