Hester Bruce van Mosselbaai skryf:
Daar is twee kinders van Mosselbaai wat in pleegsorg is en wat volgende jaar matriekafskeid gaan hou.
Die pleegouer is bekommerd oor die uitgawes wat op haar wag en het 'n behoefte aan klere vir hulle vir die geleentheid.
Die seun en dogter is volgende jaar in matriek en is onder die vrou se pleegsorg.
Enigeen wat die kinders deur middel van 'n skenking met klere, skoene en ander benodighede kan help, kan my by 082 376 2014 skakel.
Ons sal graag vroegtydig vir die pragtige twee kinders hulle uitrustings gereed wil kry.