Mag ons soos vuurblomme wees

Essie Cloete skryf dié gedig:

VUURBLOM

Waar die swartgebrande bome

met kaal

takvingers teen die lug staan

die wêreld na roet en rook ruik,

waar eens skoon lug

nou versmorend is

klein diertjies opgefrommel

verbrand lê

daar uit die asgrysgrond

beur die helderrooi Vuurblom na bo.

Die magiese wonder uit

die verskroeide hartseer landskap.

Mag ons soos Vuurblomme

op die lewensreis

ná rampe en teenspoed

weer helder blom, 'n sieraad word