Essie Cloete skryf dié gedig:
VUURBLOM
Waar die swartgebrande bome
met kaal
takvingers teen die lug staan
die wêreld na roet en rook ruik,
waar eens skoon lug
nou versmorend is
klein diertjies opgefrommel
verbrand lê
daar uit die asgrysgrond
beur die helderrooi Vuurblom na bo.
Die magiese wonder uit
die verskroeide hartseer landskap.
Mag ons soos Vuurblomme
op die lewensreis
ná rampe en teenspoed
weer helder blom, 'n sieraad word