Sonskynvallei se Sunshine United-rugbyklub is as die SWD Kusliga-wenners gekroon ná ’n taai stryd by Van Riebeeck-stadion in Mosselbaai.
Die manne van Sonskyn het Saterdag 5 September teen Plettenbergbaai se Kranshoek Dolphins te staan gekom en die Kusliga-eindstryd met 15 - 11 gewen.
“Aan ons ongelooflike ondersteuners – baie dankie! Julle was die hele seisoen lank ons kragbron en ons ekstra speler op die veld. Julle onwrikbare geloof en passie het ons deurgedra. Hierdie beker is vir julle!” het die klub op sy Facebook-blad gedeel.
Die klub het verder ook sy spelers, afrigters, bestuur, borge en families vir hul ondersteuning en bystand bedank.
VIDEO: Sunshine United vier hul wen by Van Riebeeck-stadion
Video: Verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’