Gallery
MOSSELBAAI NUUS EN GALERY - Die motors blink in die son, die biertuin is bedrywig en talle mense geniet ’n feestelike dag langs die see by vandag, Saterdag 5 September, se Santos Beach Auto Extremo.
Dié gewilde motorgeleentheid omskep vanjaar vir die derde keer die strandfront by die De Bakke Santos-oord in Mosselbaai in ’n miernes van bedrywighede.
Motorliefhebbers het van vroeg af opgedaag om die indrukwekkende verskeidenheid voertuie - van historiese klassieke motors tot moderne supermotors - te bewonder.
Die atmosfeer is vrolik en ontspanne, met die biertuin wat besoekers ’n plek bied om te kuier terwyl die motors die middelpunt van die aandag is.
Die skou is tot 16:00 vanmiddag vir die publiek oop.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’