Sponsored Content
SAKENUUS - Jan van Deventer, VF Plus-kandidaat vir Mosselbaai se Wyk 8, woon reeds in totaal 14 jaar in Mosselbaai, waarvan hy 12 jaar in wyk 8 woon.
Jan bring uitgebreide ervaring uit die korporatiewe wêreld, waar hy oor baie jare mense, finansies en organisasies bestuur het. Hy het voorheen, en dien ook tans, op universiteitsrade.
Jan is bekend as ’n betroubare, beginselvaste en goed georganiseerde persoon met sterk mensekennis en ’n passie daarvoor om mense en gemeenskappe te verbind.
Hy is 34 jaar getroud met Heleen en glo in diensbaarheid, verantwoordelikheid en integriteit.
As nie-loopbaanpolitikus wil Jan sy ervaring en energie aanwend om Mosselbaai nog beter te maak.
“Ek glo Mosselbaai is ’n besonderse dorp met ’n gemeenskap waarvoor ons baie dankbaar kan wees. Maar ek glo ook daar is altyd ruimte om dinge beter te doen. Ek het nie besluit om myself beskikbaar te stel omdat ek ’n politieke loopbaan wil hê nie, maar omdat ek glo ek kan iets positiefs bydra.
"Ek wil ’n raadslid wees wat mense ken, na hul bekommernisse luister en bereid is om moue op te rol om oplossings te help vind. Vir my gaan dit oor diens, verantwoordelikheid en om ’n verskil te maak.”
My Kort-, medium- en langtermyn Fokus vir Mosselbaai, Wyk 8:
Korttermyn:
Werk aan oplossings vir die hawelose - en sakkrapper probleem. Ek is reeds in kontak met rolspelers Plaaslik en Nasionaal om die probleem te help aanspreek. Planne en aksies hiervoor sal dan ook kriminele aktiwiteite grootliks aanspreek.
Verder het ek ook reeds aandag begin gee aan klagtes oor die visreuk, waarvan verskeie rolspelers betrek is en vorentoe betrek sal word.
Mediumtermyn:
Wyk 8 het verskeie dorpsbates wat aantreklik is vir Toeriste. Ek beplan om te werk aan goed gebalanseerde planne om terselftertyd dorpsbates en - infrastruktuur te beskerm en om inkomste strome vir die besighede in die dorp te help skep.
Wyk 8 is die oudste wyk in Mosselbaai en het m.a.w. van die oudste huise, geboue en infrastruktuur. Wyk 8 se inwoners het oor tyd dus 'n betekenisvolle bedrag belasting betaal wat verder aangewend moet word om die infrastruktuur op te gradeer.
Langtermyn:
Wil ek fokus op ontwikkeling van die Waterfront en daarmee saam die wandelpaaie van die Punt tot by Diaz strand.
- Jan van Deventer
- VF Plus-kandidaat | Mosselbaai, Wyk 8
- Kontak: 082 557 9224

‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’