Hannetjie Gawler van Mosselbaai skryf:
Dit is dringend nodig dat voorsiening gemaak word vir watertenks by elke huis in Mosselbaai. In al die woonbuurte. So baie water word opgevang vanaf 'n watertenk na slegs een goeie bui reën.
Maar nee, water word tydens droogte aangery met trokke wat ten duurste betaal moet word.
Elke huishouding in die woonbuurte moet 'n tenk kry - doen weg met water wat aangery moet word.
Moenie wag totdat dit te laat is nie.