Louis de Wet van Groot-Brakrivier skryf:
Dit is met groot waardering dat ek in die Mossel Bay Advertiser van 7 November gelees het van al die toekennings wat die Mosselbaai-polisiestasies vir uitstaande diens tydens die jaarlikse toekennings van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit ontvang het.
As inwoners van Mosselbaai behoort ons meer dikwels ons dank en waardering uit te spreek vir die werk wat ons polisie-lede daagliks doen - dikwels onder moei-like omstandighede en met beperkte hulpbronne.
Die Groot-Brakrivier-polisiestasie is aangewys as die polisiestasie van die jaar, en ek glo dat die inwoners van Groot-Brakrivier gerus ons dankbaarheid teenoor hulle op tasbare maniere kan betoon.
As voorbeeld beplan ek om by 'n kof-fiewinkel naby die polisiekantoor 'n paar koppies koffie of by die naaste winkel 'n paar toebroodjies te koop en dit vir die polisielede te neem, bloot as 'n klein gebaar van waardering.
Ek wil die ander inwoners van Groot-Brakrivier uitnooi en aanmoedig om my voorbeeld te volg, sodat ons gesamentlik ons waardering kan wys vir hul lojaliteit en goeie diens aan die gemeenskap.