Jaco Lötter skryf:
Ware leierskap word gevorm, gesuiwer en getoets in die wêreld se vure.
Somtyds letterlik. Rdl. Nickey le Roux, jy verdien die hoogste lof en waardering vir die onbaatsugtige wyse waarop jy die Danabaai-gemeenskap gedien en gelei het tydens die brande in die omgewing.
Jou voortdurende kommunikasie en die kalm, respekvolle wyse waarop jy onder moeilike omstandighede met talle onnodige afleidings moes deel word opreg waardeer.
Daar is baie te leer uit hierdie gebeure, en "we should not let a good crisis go to waste". Maar vir nou wil ons net sê baie dankie vir jou wonderlike voorbeeld en dienende leierskap.