Hester Cupido, kinders en familie van Theophillus Cupido skryf:
Ons spreek ons opregte dank uit aan Nolly Muller (Skadudal, Herbertsdale) vir al die hulp, bystand en ondersteuning wat u aan ons bewys het in hierdie tyd van groot verlies.
Daar is eenvoudig nie woorde genoeg om ons waardering uit te druk vir alles wat u gedoen het nie - van die sorg en medemenslikheid tot die eer wat u aan sy nagedagtenis bewys het.
Ons is diep dankbaar vir die rusplek wat sy as gevind het tussen sy geliefde aalwyne, en vir die jarelange pad van vriendskap en die stukkie aalwynland wat hy met dankbaarheid kon gebruik. Mag God se oorvloedige seën op u en u familie rus.