Die verrassing van die aand was die vlugtige voorvertoning van haar aantreklike, talentvolle seun, Ruan, wat met sy blou denims en leerbaadjie die koning van Rock, Elvis, se liedjies eer aan gedoen het en heelwat harte van die jong dametjies in die gehoor warm laat klop het.
Ma en seun het ook 'n duet, "Ek is jammer" gedoen en menige konsertganger het 'n traantjie weggepink.
Die aand was egter gekenmerk aan groot plesier en liedjies soos "Jy's die engel van my hart" en "Net 'n bietjie liefde".
Juanita du Plessis