Die orkes beplan om in die voglende seisoen behoorlik hulle vlerke te sprei om meer en meer kinders te betrek met die drilwerk, sowel as die musiek-opleiding. Die organisasie bedank al hulle ondersteuners. Verlede week het hulle meegeding teen 26 orkeste tydens 'n kompetisie in die Paarl, wat aangebied is deur die South African Christmas Band Board in die Daljosaphat Sports Stadium. Die orkes se voorsgeskrewe lied was His name is excellent en hulle het 80% vir die solo gekry en derde geëindig algeheel. Die orkes het 38 trofeë ingepalm.
Die Mosselbaai Crusaders Christmas Band gaan vanjaar fokus op opleiding. Bo-en-behalwe die toekennings is daar van die orkeslede wat baie goed vorder in bladlees. Die orkes maak gereed vir 'n afskeidsfunksie vir van hulle lede en ook 'n diplomaplegtigheid.
Volgens Sidney Frans, leier van die orkes, het veral die jongste lede skitterend gevaar tydens die kompetisies, deur in ses katogorieë eerste plekke te behaal. Die juniors het 79% gekry vir die hoogste punte wat hulle behaal het. Die orkes bedank hulle beskermhere, pastoor Derick Pietersen, pastoor Fostino Jacobs en mnr JJ Bavuma, vir hulle ondersteuning.
Kontak die orkes se afrigters, G Jantjies by 082 635 8431 en E Kees by 073 739 0503, vir navrae.
Die Mossel Bay Crusaders Christmas Band kyk terug op 'n skitterseisoen.