Gallery Update Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO'S - Die Vodacom Origins of Golf toernooi wat die naweek oor 72-putjies by Pinnacle Point in Mosselbaai gespeel word, is een van die grootste gholftoernooie in Suid-Afrika.
Die pro-Am toernooi wat oor twee dae gespeel word, het Dinsdag, 25 Oktober by die Pinnacle Point gholfbaan begin.
Die toernooi is nou in sy 18de seisoen en is die langste pro-Am reeks van die Sonskyntoer.
FOTOGALERY: Vodacom Origins of Golf
Vyf toernooie word deur die jaar op verskillende plekke in die land gespeel, waar vyf spanne (bestaande uit een Sonskyn-toer professionele speler en een uitgenooide amateurspeler) uit elke toernooi kwalifiseer om aan dié week se finale kompetisie by Pinnacle Point deel te neem.
Die finale kompetisie vir professionele spelers in die Sonskynreeks het gister, op Donderdag, 27 Oktober begin en duur tot Sondag, 30 Oktober.
Altesaam 108 gholfspelers neem daaraan deel met 'n totale prysgeld van R1.5 miljoen. Oliver Bekker, 'n plaaslike speler van George is pas terug van die Dubai Ports Wêreldtoer. Hy is een van Suid-Afrika se nuwe spelers wat oorsee bekendheid verwerf en neem ook deel aan dié toernooi by Pinnacle Point.
Heinrich Bruiners, Michael Vlismas en Schalk Brits geniet 'n blaaskans voor die pro-Am toernooi begin.
Van Suid-Afrika se grootste gholfsterre het oor die jare aan die toernooi deelgeneem en gewen. Dit sluit spelers in soos Louis Oosthuizen , Branden Grace, George Coetzee, Dean Burmester, Thriston Lawrence, Hennie Otto, Jean Hugo, Kevin Stone, Darren Fichardt, Justin Harding en James Kingston.
Die direkteur van gholf by Pinnacle Point, Quintin Byleveldt, sê hulle is verheug en trots daarop om die toernooi aan te bied. "Ons het 'n reputasie vir goed-georganiseerde gholftoernooie, funksies en seminare en met die pragtige natuurskoon om ons, is die Pinnacle Point gholfbaan ongetwyfeld die beste keuse."
Lees vorige artikel: Gholfsterre in Mosselbaai
VIDEO - Albert Venter vertel hoe belangrik die Sonskynreeks en ander toernooie vir Suid-Afrikaanse gholfspelers is (Video: Alet Engelbrecht).
VIDEO - Dorian Barella is an amateur golf player from KZN who qualified to play in the final ( Video: Alet Engelbrecht ).
Ignus du Preez en André Potgieter van Mosselbaai is twee plaaslike spelers wat in die pro-Am toernooi speel. Die pro-Am is 'n voorloper vir die Vodacom Origins of Golf toernooi wat van Donderdag, 27 Oktober tot Sondag, 30 Oktober op Pinnacle Point gespeel word. Foto's: Alet Engelbrecht
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'