MOSSELBAAI NUUS - Die 38ste Freda Barnard swemgala is vanaf 1-3 November op Oudtshoorn aangebied.
Dit is ook die Fish Eagle Aquatics se jaarlikse fondsinsamelingsgala. Swemklubs neem jaarliks aan dié gala deel en klubs vanaf Port Elizabeth, Kaapstad, Hermanus, Paarl en Mosselbaai kom op Oudtshoorn byeen.
Die kompetisie is dus sterk en swemmers van Mosselbaai werk jaarliks hard om tydens die gala 'n plek op die podium te verower.
Graad 5 leerder van Laerskool Park, Mieke de Bruin het ook aan die gala deelgeneem en onder meer vryslag geswem. Mieke was een van die swemmers van Bubbles and Splashes wat 'n medalje vir haar afdeling gewen het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'