Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die tweede ronde van vanjaar se Fritz Meissner-spankompetisie van die Eden Seniors Tennisvereniging is Saterdag in ideale tennisweer op Oudtshoorn op die bane van die Wesbank-tennisklub, Langenhoven Gimnasium en die Hoërskool Oudtshoorn afgehandel.
Die spanne het mekaar soos gewoonlik weer behoorlik opgedreun en vir aanskoulike tennis gesorg.
Altesaam 29 spanne, 12 vroue en 17 mansspanne, het ingeskryf vir die gewilde kompetisie wat as die vlagskip van Eden Tennis beskou word.
FOTOGALERY: Tennis op Oudtshoorn
Spanne in die 190's- afdeling bestaan uit vier spelers waarvan die gesamentlike ouderdom nie minder as 190 jaar moet wees nie en in die 240's kompetisie uit spanne met 'n gesamentlike ouderdom van ten minste 240 jaar.
Die derde ronde is vir 23 Julie op Mosselbaai geskeduleer.
Garnett Wicomb was daar met sy kamera.
Rika de Bruyn, Marietha Fourie, Ronelle Louw en Karin Deltenre het die oog gevang met hul blou uitrustings.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'