MOSSELBAAI NUUS - Laerskool Park se tennisspanne het onlangs aan die Eden-laerskoleliga deelgeneem.
Uitspeelwedstryde het eers in die Mosselbaai-streek plaasgevind en Park het onoorwonne uit die stryd getree.
Hiervolgens het die 1ste dogters, o/11-seuns, oranje bal- en rooi bal-seunstennisspanne deurgedring na die finaal van die laerskoleliga op 4 November in George.
Tydens hierdie geleentheid het Laerskool Park se 1ste dogters- en o/11-seunstennisspanne as Eden-laerskoleligawenners uit die stryd getree, 'n voortreflike prestasie.
Die 1ste-span dogters: Anika Otto, Karla Smit, Carla Danhauser, Kayla Esselen.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'