TENNISNUUS - Die ses Eden-tennisspanne wat aan vanjaar se Cradock Uitdaag-tennistoernooi op Cradock deelgeneem het, het gemengde sukses behaal.
Twee van die spanne het in hul onderskeie ouderdomsgroepe met die louere weggestap terwyl een tweede en die ander drie met die derde plekke tevrede moes wees.
Spanne van vier provinsies, Eden, Vrystaat, Grens en OP het mekaar oor die drie dae die stryd aangesê.
Eden se 200 B- en 240-span het in hul onderskeie afdelings eerste geëindig.
Die 200 A-span was die naaswenners terwyl die 160-span, die 260-span en die 280-span derde geëindig het.
Volgens die president van Eden Tennis, Debra Hyde, was die toernooi besonder goed georganiseer.
Sy het haar dank uitgespreek teenoor al die Eden-spelers wat bereid was om vir hul provinsie aan die toernooi te gaan deelneem.
Die 200 B-span het eerste in hul afdeling geëindig.
Die 240-span het eerste in hul afdeling geëindig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’