Gallery
TUINROETE DISTRIK TENNISNUUS - Die spanne van Helgard Muller en Karin Deltenre is die A-afdeling 2021 Fritz Meissner 190's kampioene nadat die eindstryde Saterdag op Oudtshoorn op die bane van die Wesbank Tennisklub en Langenhoven Gimnasium afgehandel is.
Die span van Deltenre het die span van Debbie Hyde geklop, terwyl die span van Muller reeds vroeër genoeg punte opgestapel het om as kampioen gekroon te word.
In die B-afdeling was dit die span van Robyn Smuts wat die vrouekompetisie gewen het met hul oorwinning oor die span van Helena Haasbroek.
Die span van Kowie Pretorius het die mansafdeling gewen, met die span van Louis du Preez in die tweede plek.
Fotogalery: Fritz Meissner toernooi wenners
Danie Gildenhuys en sy span het die 240+-afdeling gewen wat vanjaar vir die eerste keer deel was van dié gewilde spankompetisie van die Eden Tennisvereniging. Altesaam 26 spanne (104 spelers) het vanjaar deelgeneem.
Die voorsitter van Eden Tennisvereniging, Debra Hyde het die spelers geloof vir hul opoffering en sportmangees wat deurentyd geheers het.
Sy het ook haar dank uitgespreek teenoor die Wesbank-, George-, Hartenbos-, Klein-Brakrivier-, Mosselbaai- en Great Tennisklubs vir die gebruik van hul fasiliteite vir die gewilde toernooi.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'