EDEN TENNIS NUUS - Die eerste been van vanjaar se Fritz Meissner 190's-spankompetisie van die Eden-tennisvereniging is Saterdag op Oudtshoorn afgehandel nadat die organiseerders dit as gevolg van reën vanaf Mosselbaai verskuif het.
Altesaam 28 spanne (112 spelers), neem aan dié gewilde toernooi deel waarin die gesamentlike ouderdom van 'n span nie minder as 190 jaar moet wees nie.
Die tweede reeks wedstryde word op 11 Mei op George gespeel.
Die span van Pacaltsdorp is van links Ebrahim America, Vivian Lottering, Calvin Lottering (kaptein) en Chat Stride.
Die span van Ernst Kok (kaptein), Callie Matthee, Corlu Nel en Paul Fourie het die kompetisie met 'n goeie oorwinning begin.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'