TUINROETE NUUS - Die eerste ronde wedstryde in vanjaar se 190's-spankompetisie van Eden se senior tennisvereniging, is Saterdag in George gespeel met die 28 spanne wat mekaar behoorlik opgekeil en vir puik tennis gesorg het.
Die verdedigende kampioene, die vrouespan van Maryna Viljoen (kaptein), Christine van Coller, Elmarie Lategan en Rida Bester, en die mansspan van Jacques de Beer (kaptein), Wimpie Helmand, Charl Opperman en Daan Spengler, het met goeie oorwinnings begin. Die wedstryde is op die bane van die George-tennisklub en Great Tennis by die PW Botha-kollege, gespeel.
Die president van die tennisvereniging, Debra Hyde, het met die verwelkoming spelers wat tydens vanjaar se nasionale kampioenskap in Bloemfontein Eden-tennis se naam met skittervertonings hooggehou het, gelukgewens.
Etlike van hulle is tans eerste gekeur in hul onderskeie ouderdomsgroepe. Die tweede ronde wedstryde in dié gewilde 190's-spankompetisie word op 12 Mei, ook in George gespeel.
Lulette Smit, Hanlé Cronje, Liselle Fourie en Sonja Botha (kaptein).
Ebrahim America, Vivian Lottering, Calvin Lottering (kaptein) en Chat Stride van Pacaltsdorp.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'