SARU se Clubwise-program is daarop gemik om administrateurs op te lei om klubrugby te laat groei. Hierdie CATHSETHA (NQF % = 8 krediete) geakkrediteerde kursus dek alle fasette van klub-administrasie vanaf doelwitstelling, algemene bestuur, bemarking, aktiwiteite op wedstryddag en dies meer.
Die volgende Clubwise-kursus in SWD word aangebied op 15 en 16 November. Klubs is welkom om MJ de Vos by die SWD Rugby-Unie by 044 873 0137 te skakel vir meer inligting.

Hierdie gemeenskapsafrigters van die SWD Rugby-Unie het hulle Clubwise-akkreditasie ontvang. Hier is Stanley Kama (Mosselbaai), Les London (Mosselbaai), Eltano Haas (Beaufort-Wes) en Baba Nolokwe (SWD Rugby) met hul akkreditasie. By hulle verskyn Vanessa Roelfse (heel links) en MJ de Vos (heel regs), twee van SARU se geakkrediteerde Clubwise-fasiliteerders.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo nuus'