RUGBY NUUS - Dysselsdorp Rangers-rugbyklub se A-span het die afgelope naweek in 'n Karoo-streekligawedstryd vir White Roses van Uniondale in die Dysselsdorp-sportstadion met 26 - 8 gewen.
Vir Rangers het Onivango de Jongh (vleuel) twee drieë gedruk.
Edwin Soman (senter) het een drie gedruk, terwyl Brendon Gertze (losskakel) suksesvol was met drie doelskoppe. Rangers beklee tans die derde plek op die algehele punteleer.
Die klub se volgende wedstryd is komende naweek teen Beaufort-Wes wat in die tweede plek is. Harlem beklee die topposisie. Rangers spog ook deesdae met nuwe truie wat deur Puma Valve geborg is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'