MOSSELBAAI RUGBY NUUS - Die afgelope Saterdag, 7 September het die Garden Route-rugbyvoetbalklub van Mosselbaai die voorreg gehad om teen Rangers-rugbyvoetbalklub van Albertinia mee te ding in die kwarteindronde van die 2019 SWD Presidentsliga op Albertinia.
Dit was nie 'n gewone rugbywedstryd nie. Beide spanne was oorgehaal en het alles ingesit. Die Rangers het as oorwinnaars uit die stryd getree met 'n eindtelling van 48-34.
Die toeskouers het beide spanne staande toegejuig. Hierdie gebaar lewer weer eens bewys daarvan dat sport gemeenskappe verenig.
Die Garden Route RVK se span die Mustangs, afrigters en bestuur is baie trots op wat die klub en spelers vermag het.
In 2018 het die span die SWD se kusstreekliga gewen en om tweede te eindig in die 2019-ronde was `n besonderse mylpaal.
Hierdie klub vir wie daar nie baie veel ondersteuning is soos in die geval van klubs wat aan die Primierliga deelneem nie. Desnieteenstaande slaag die klub jaarliks daarin om jongmanne deur die rugbyseisoen te dra en hulle aktief besig te hou. Die klub se bestuur bedank die donateurs en ondersteuners bedank vir hulle rol en bydrae. Ook groot dank aan die afrigters wat hoofsaaklik verantwoordelik was vir die fiksheid en samestelling van beide die spanne. Die strategiese visie aan dit gekoppel het die grootste vrugte afgewerp.
“Soos enige organisasie is daar maar uitdagings, maar wanneer `n mens iets begin het, dan doen jy alles om `n sukses daarvan te maak, en ons het," meen die klubvoorsitter, Venolea Fortuin.
"Ek dank die onder-voorsitter Jacques Saayman en elke bestuurslid wat saam kon hande vat om die jaar op `n hoogtepunt af te sluit. Ons sien beslis uit na die liga in 2020."
Garden Route-rugbyvoetbalklub se Mustangs gaan van krag tot krag.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'