"Baie van die spelers het hulself gedurende die feesseisoen fiks gehou deur op die strande te oefen en is slaggereed om weer te speel," sê Glover.
Die nuwe Bestuur vir 2013 is op 'n onlangse algemene jaarvergadering gekies en is ook baie positief dat hierdie jaar 'n grote vir Mosselbaai Rugbyklub gaan wees.
Glover sê na die eerste vergadering is dit reeds duidelik dat elkeen op die komitee hulself met groot toegewydheid beskikbaar gestel het om vir dieselfde doel te dien en dit is om die Klub tot hoër hoogtes te lei.
'n Nuwe hoof-afrigter, by name Joe Rossouw, is aangestel wat ook baie gretig is om die fiksheid en vaardighede van die spelers na 'n volgende vlak te neem.
Die klub se eerste amptelike oefening begin eerskomende Dinsdag, 15 Januarie om 18:30 by die Van Riebeeckstadion en alle oud-spelers, sowel as enige nuwe belangstellende spelers word hartlik uitgenooi om aan te meld vir die eerste tree na 'n groot rugbyseisoen.
Mosselbaai Rugbyklub se nuwe bestuur sien as volg daaruit - agter (van links): Johan (Joe) Rossouw (hoof-afrigter), Christo Landman (tesourier), Giep Marais (addisionele lid) en Dawid Steenkamp (visie-president). Voor: Jannie Prinsloo (sekretaris) en Gerald Glover (president).