Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai Rugbyklub is hierdie naweek gasheer vir die South African National Golden Oldies Rugby Association (SANGORA) se nasionale rugbyfees.
Die president van SANGORA, Peter Kluge, se rugbyspelers ouer as 35 vorm deel van die vereniging, maar die meerderheid van spelers is heelwat ouer.
Sien foto's hier: Spanne kom van regoor vir Golden Oldies-rugbyfees
Tussen 30 en 40 spanne van regoor die land neem jaarliks aan dié fees deel.
Kluge het Mosselbaai Rugbyklub en die res van Mosselbaai se gasvryheid geprys en gesê hulle sal graag terugkom na dié dorp vir nog ‘n fees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’