GEORGE NUUS - As jy 'n groot rugbyondersteuner is moet jy sorg dat jy die aand van 2 September op Outeniquapark is. Die Stormers draf daardie aand teen 'n span van die SWD Arende uit.
Die Stormers is op die oomblik die toprugbyspan in Suid-Afrika. Die span het op 18 Junie die Verenigde Rugbykampioenskap in Kaapstad gewen toe hy die Bulle in die eindstryd geklop het
Die wedstryd op Outeniquapark is 'n opwarmingswedstryd vir die Stormers in aanloop tot die nuwe seisoen waarin hy sy kroon gaan verdedig.
Besonderhede van die wedstryd waarin SWD-rugbyondersteuners die geleentheid kry om die land se topspan sommer op hul voorstoep aksie te sien, is Woensdagmiddag bekendgemaak.
Lees meer en kyk 'n video op susterskoerant, George Herald.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'